Ekumeniese Patriarg van Konstantinopel

Die huidige Ekumeniese Patriarg, Bartolomeus I.

Die Ekumeniese Patriarg of Aartsbiskop van Konstantinopel, Nuwe Rome (Grieks: Η Αυτού Θειοτάτη Παναγιότης, ο Αρχιεπίσκοπος Κωνσταντινουπόλεως, Νέας Ρώμης και Οικουμενικός Πατριάρχης) is die geestelike hoof van die Oosters-Ortodokse Kerk en "eerste onder gelykes" van die Kerk se leiers.

Hy word beskou as die opvolger van die dissipel Andreas. Die huidige Ekumeniese Patriarg is Bartolomeus I.

Die regering van Turkye beskou hom as die geestelike leier van die Griekse minderheid in die land en noem hom die Romeins-Ortodokse Patriarg van die Fener (Turks: Fener Rum Ortodoks Patriği). Ná die val van Konstantinopel in 1453 was die patriarg onderworpe aan die gesag van die Ottomaanse Ryk tot met die ontstaan van die Republiek van Turkye in 1923. Vandag is hy aan die gesag van die republiek onderworpe en moet hy ’n Turkse burger wees om tot patriarg verkies te word.

Die Patriarg van Konstantinopel word sedert die 6de eeu as die Ekumeniese Patriarg beskou.[1]

  1. "Oecumenical Patriarch." Cross, F.L., red. The Oxford Dictionary of the Christian Church. New York: Oxford University Press. 2005.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search